eNuus - Vermeende Delareyville moordenaar uit op parool

1,439 views · Published 13 February 2013 · 1:50 · Indexed 20 September 2026

Channel: eNCA · 2013 · News & Politics

Watch on YouTube

'n Roudiens vir Carmen van der Westhuizen, wat Donderdag in Welkom vermoor is, is in 'n stampvol kerk in Delareyville gehou.
Carmen, haar man en hulle twee kinders het die naweek voor die moord van Delareyville na Welkom verhuis.
Sy was besig om kartondose uit te pak toe sy oorval, vermoedelik verkrag en daarna vermoor is.
Haar vermeende moordenaar Paul Nqakalatsane is enkele ure ná haar dood vasgetrek.
Die 28-jarige is deur speurders en forensiese ondersoekers met bloed op sy skoene en klere gekry.
Hy is twee weke gelede op parool vrygelaat nadat hy tronkstraf vir huisbraak uitgedien het.

Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

More from this channel